Ek luister: Deel I ….. Nou moet ek my vlerke gebruik

Ek is tans met verlof en die luiheid het my behoorlik beet gepak. Ek slaap laat, lees so bietjie, slaap dan weer en dan probeer ek ‘n film êrens in my slaperige dag inpas. Die seelug doen my goed en skielik het my alewige insomnia in Gauteng agter gebly en ek haal die afgelope jaar se slapelose nagte in. Ek moet bieg, dit is HEERLIK!!!!!

Ek het The Shack deur William P. Young begin lees. Ek is nou eers halfpad deur die boek en dit gaan bietjie stadig. Die stukkies wat ek lees laat my met baie diep nadenke en hope bewondering want skielik lees ek woorde wat my seer so mooi beskryf… Dit is nogals emosioneel en daarom lees ek soos wat ek die krag het om dit alles te verwerk.  Ek het oppad na my bestemming al die boek oopgeslaan en het dadelik begin aantekeninge maak in die kantlyn. Ek het ook sommer my blou highliter uitgehaal en merk af vir die vale. Dit was juis ‘n jong seun, wat saam met my op die bus hierheen gery het, wat my gevra het of ek “swot”. Ek het net glimlaggend probeer verduidelik dat ek die woorde highlite want dit is vir my so mooi….. Min het ek geweet, ek is eintlik besig om te leer.

En die boek is deel van my epiphany dat ek moet begin leef. Ek is so ver weg van God se wil vir my bestaan.  Dit maak my opgewonde om te dink daar is soveel meer in die lewe as waaraan ek gewoond is, maar ek raak ook bang want ek sal baie veranderinge moet aanbring. Tog voel ek reg vir hierdie veranderinge.

Die volgende stukkies het deurtjies in my kop oopgemaak.

“Most birds were creates to fly. Being grounded fro them is a limitation witjion their ability to fly, not the other way around. She paused to let Mack think about her statement. “You, on the other hand, were created to be loved. So for you to live as if you were unloved is a limitation, not the other way around”

“Living unloved is like clipping a bird’s wings and removing its ability to fly. Not something i want for you.” – p97

“The problem is that many folks try to grasp some sense of who I am by taking the best version of themselves, projecting that to the nineth degree, factoring in all the goodness they can perceive, which often isn’t much , and then call that God. And while it may seem like a noble effort, the truth is that it falls pitifully short of who i really am. I’m not merely the best version of that you can think of. I am far more than that, above and beyond all that you can ask or think” – p98

“…This is a flying lesson. Mackenzie, as you might imagine, there are some advantages to being God. By nature I am completely unlimited, without bounds. I have always known fullness. I live in a state of perpetual satisfaction as my normal state of existence…..” “We created you to share in that.”  – p97 & p98

Ek redeneer nou as die Here my die vlerke gee om mee te vlieg, MOET ek dit gebruik, anders is ek nie in lyn met wat Hy vir my wil hê nie.  Ek wil regtig vir eens en vir altyd leer hoe om te vlieg oor die pad wat Jesus vir my uitgelê het.

Ek begin ook al hoe meer besef dat ek God in ‘n boksie probeer druk, want eintlik het ek geen benul waar Sy goedheid begin of eindig nie.  Een ding is verseker, ek wil my pad begin stap met die volmaakte goedheid en liefde wat my bestem is.

Deel hierdie gedagtes met andere...:
  • Twitter
  • Facebook
  • laaik.it
  • Digg
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • Blogosphere News
  • eKudos
  • LinkedIn
  • MySpace
  • Reddit
  • Slashdot
  • StumbleUpon
  • Technorati
  • PDF
  • Print
  • RSS
Hierdie gedagtes is geplaas in gedagtegroep(e): Gesprekke met God Sleutelwoorde: , , , , , Boekmerk hierdie permanente skakel. Sê jou Sê of laat 'n terugskakel: Terugskakel URL. |

Sê jou Sê

Jou E-pos word nooit gepubliseer of met andere gedeel nie. Benodigde velde word gemerk met 'n *

*
*
  • Meer oor die Suburbs…

  • Stem vir my

    Vote for this Blog

  • “n Voorstedelike Engel

    Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.

  • My gedagtes draai om…

  • Besoekers nou by die suburbs…

    • Daar is tans 5 Besoekers aanlyn
  • 'n Wolk van Sleutelwoorde...

  • Onlangse Opmerkings...

  • Kontak die Suburbs

  • Argiewe van gedagtes

  • Ek ondersteun graag…

  • Besoers aan die Suburbs…

    Hit Counters
  • Neem asseblief kennis…

    Kopiereg © 2010 Girl van die Suburbs - Alle regte voorbehou - totdat die Stormers die Super 14 wen. Wat beteken dit is van nou af tot in alle ewigheid. Hierdie blog is vir my ontwikkel op WordPress en 'n eie, unieke tema op die Thematic platform deur 2imagine met grafiese ontwerp insette deur I Love Design

  • Afrigator
  • Creative Commons License