Meer oor die Suburbs…
“n Voorstedelike Engel

Ek is 'n nooi van Pretoria maar woon al 'n paar jaar in die Goudstad. Dit is in my nuutgevonde vryheid waar ek besonderse dinge beleef het en mense ontmoet het wat my bestaan ingekleur het. Mooi herinneringe is gebou; maar ook hartseer terugslae is beleef. Of hierdie nou 'n spoegblok, 'n dagboek of net die neerpen van 'n mengelmoes van my onsamehangende denke is, is debateerbaar. Dalk is ek 'n filosoof met die wyshede van die wêreld wat ek aan ander kan openbaar..... Ek kan dus bieg, wat ook al die beskrywing... hierdie is 'n persoonlike soeke na innerlike vrede en antwoorde wat ek verstaan.
My gedagtes draai om…
Besoekers nou by die suburbs…
- Daar is tans 7 Besoekers aanlyn
-
'n Wolk van Sleutelwoorde...
beroepskeuses blogs dans ek is lief vir julle fun Gauteng girl van die suburbs God happiness Here herinnering Hillbrow hoop Huisgenoot i love you insulien Jesus Kersfees keuse kinders leef lewenslesse lewensmaat liefde liewe heksie maatjies masker mediese fonds Meneer Hartseer MES Metro Evangelical Services oefening onderwyser online dating prinses reën stereotipering tag talente The Parlotones The Shack Truth or Dare Verbande advertensie verjaarsdag wolke
WP Cumulus Flash tag cloud by Roy Tanck and Luke Morton requires Flash Player 9 or better.
Onlangse Opmerkings...
- Zee: 1 Maart 2008
- Girl van die Suburbs: In tyd…..
- Girl van die Suburbs: In tyd…..
- Girl van die Suburbs: In tyd…..
- Girl van die Suburbs: In tyd…..
- Girl van die Suburbs: 1 Maart 2008
- Girl van die Suburbs: 1 Maart 2008
- Girl van die Suburbs: 1 Maart 2008
- Girl van die Suburbs: 1 Maart 2008
- PlaasJuppie: In tyd…..
- sonkind: In tyd…..
- Tert-ia: Behoede my
- Daizy: In tyd…..
- Daizy: 1 Maart 2008
- Xena: In tyd…..
Kontak die Suburbs
Argiewe van gedagtes
Ek lees soms ook...
- Alleman
- Antie Koekie
- BB’s Blog
- Boer in Ballingskap
- Boervrou
- Brandnetel se Blog
- Cantus
- Demoerin se Wêreld
- Deur die Woestyn
- Die joernaal van Kaalvoet
- Die Werf
- Eelt
- Ek is Anna
- Emil Jung
- Fairy Girl
- Female 2 Female
- Flintstoned
- Glad to be a Girl
- Grootoog deur die Wêreld
- Harassed Mom
- Herriemerrie
- Johan Swarts se Blog
- Kaalvoet ini reen
- Krista – Pokkeljonsi
- Krista – Unpregnant Mother's Blog
- Kyker se plekkie
- MamaMeeA
- Meermin se Blog
- Mnr. Muller
- Murphy se wet
- Nadenkers
- NetJane
- Ogies
- Om die Kombuistafel
- Om te probeer verstaan
- Pink Hair Girl
- Riana Brand
- Rosalind Franklin
- Rustig
- SkalkSkryf
- Skoor
- Sonkind
- Tweelingkind
- Verslanking
- Vier Seisoene
- Wenchy
- Wosonki
- Zee se scribbles
Ek ondersteun graag…
En ook vir…





Ek kan weer hoor….. Nou moet ek luister
Ons is al vier maande in hierdie nuwe jaar in en dit tref my soos ‘n boek wat gegooi word teen my voorkop….. Ek is besig om net ‘n toeskouer in my eie lewe te wees. Ek LEEF nie! Ek is nie ‘n deelnemer nie. Hoe hartseer is hierdie gedagte nie, want ‘n mens is uiteindelik die outeur van jou eie lewensherinneringe. God laat gebeure geskied, maar wat jy daarmee maak….. is op die uiteinde jou bestaan.
My Vader weet, ek is soos Paulus van ouds. Om mooi met my te praat is nie altyd die beste manier om my aandag te trek nie. Ek moet gewoonlik eers van my perd afgegooi word, voor ek besef God is besig om met my te praat. In die afgelope vier jaar het ek al vier keer my siel stukkend geval op die grondpad van die lewe.
Die laaste hartseer wat my siel se nerwe weer afgekrap het, was die skielike en baie ontydige afsterwe van die persoon wat ek aangeneem het my lewensmaat sou wees. In Februarie 2008, het my lewe handomkeer verander. Dit is egter nie al nie. God het in Sy wysheid my hele ondersteuningsnetwerk van my afgeneem. Almal na wie ek altyd gegaan het vir antwoorde van wysheid, was nie meer daar nie. Ek was kwaad vir hulle en hulle was vies vir my, want ek wou alweer nie LUISTER nie. Ek het bitter alleen gevoel. Baie eensaam en ten tye so moedeloos dat ek net nie meer wou leef nie. Skielik het ou babbelbek ook afgeleer hoe om met mense in gesprek te tree…. My probeerslae om ‘n gesprek met iemand te voer het net in one way monoloë ontaard. Dit is asof iets in my dood gegaan het, wat my stilweg bekruip het en net uitgekom het as bitter woorde of koue, emosioneel verwyderde stiltes. Ek het begin twyfel in myself en het net meer in my dop ingekruip.
Nou, so in die heelword proses het ek opgehou deelneem en het net probeer oorleef. Vandag as ek terugkyk, besef ek dit was net ek en God in my rou bestaan. Ek was (en is nog steeds) net op Hom aangewese vir krag en ondersteuning, asook al die antwoorde wat ek gesoek het. Dit is hoe Hy dit wou hê en ek is dankbaar God is ‘n Vader van eindelose genade en geduld. Hy het Hom nie veel gesteur aan my tantrums nie….. Ook nie my eiewilligheid en my alewige “ek sal hulle wys houding” nie. Inteendeel….. Hy het met tye net in doodse stilte my toegedraai in watte en alhoewel ek so ver van Hom af gevoel het en nie Sy stem kon hoor nie, het Hy my net laat begaan om deur alles te kom.
Dit is egter in die laaste vier maande, waar Hy die heeltyd aan my siel bly torring het en die afgelope week het ek besef, God praat weer met my. Hoe mooi praat Hy nie ook nie. Deur die skrif, boeke wat ek lees en movies wat ek kyk. Dit is nou hier, waar ek tot die besef gekom het, ek moet regtig begin LUISTER om die ware noord op my lewenspad te vind en daarop te bly.